waaroor idees tot inkomste gaan

jy het nie ‘n perfekte plan nodig om iets van jou eie te begin bou nie

jy kort net die nodige vaardighede, ‘n praktiese idee, en iemand wie jou volgede stappe duidelik verduidelik

dit is waarvoor idee tot inkomste hier is

die probleem was nooit ‘n tekort aan idees nie. die probleem was dat ek altyd meer idees gehad het as wat ek op my eie kon bou

vir ‘n baie lang tyd sou ek iets begin, ‘n nuwe idee kry, and dit eerder wou volg

maar toe besef ek dat om al my idees te deel mense kan help wie die teenoorgestelde probleem het:

hulle soek meer vryheid of ‘n inkomste van hul eie, maar weet nie waar om te begin of wat om te doen nie

en om idees in ‘n platform te omskep was ‘n inkomste idee op sy eie…

dis hoe idees tot inkomste begin het

ek het aanlyn werk geleer deur dit te doen

daar was geen eenvoudige hulpbronne wat my geleer het hoe om dit te doen, waar om werk te kry of hoe om ‘n aanlyn vaardigheid in ‘n inkomste te verander nie

so toe sit ek maar die tyd in

ek het navorsing gedoen, aansoek gedoen, geleer, baie foute gemaak en aanhou probeer

ek het vryskut skryf- en transkripsie werk deur platforms soos upwork en rev gekry, en daarna privaat kliënte ook

ek skryf nogsteeds vir privaat kliënte en werk so nou en dan deur upwork ook

ek het ook ‘n facebook gemeenskap gebou tot meer as 70,000 lede wat inkomste genereer deur besigheidsadvertensies en facebook monetisering

niks van hierdie het gebeur omdat ek een perfekte oplossing ontdek het nie. dit het gebeur omdat ek nodige vaardighede geleer het, geleenthede raakgesien het, en aksie geneem het

hoekom ek idees tot inkomste geskep het

om ‘n inkomste te genereer – natuurlik!

maar, ek wil ook nie hê ander moet so lank vasgevang wees in dieselfde trial-and-error jare soos wat ek was nie

daar is so baie inligting op die internet beskikbaar, maar dit kan moeilik wees om te weet wat regtig help, wat realisties is, en wat iemand net sê sodat hulle ‘n kursus aan jou kan verkoop (ironies, ek weet)

idees tot inkomste is waar ek die dinge deel wat ek geleer het, die idees deel wat ek raaksien, en die geleenthede deel wat ek dink die moeite werd is om te oorweeg

party kursusse leer jou vaardighede. ander wys jou hoe om ‘n platform te gebruik

meeste nie sal doen nie, is vir jou praktiese inkomste idees gee wat jy kan aanpas, toets, of selfs kopieer in jou area

hier is die doel om al drie te doen

wat jy hier kan verwag

daar sal nooit van jou verwag word om alles klaar uitgewerk te hê voor jy begin nie

jy moet net bereid wees om te leer, te probeer, en voorentoe te beweeg

daar is meer as een manier om ‘n aanlyn inkomste te bou

dalk wil jy aanlyn werk en nooit weer ‘n kantoor sien nie

dalk wil jy ‘n klein besigheid begin, ‘n diens verkoop of digitale produkte maak

dit maak regtig nie saak nie

ek glo 100% dat enige idee in iets verander kan word wat inkomste genereer

begin met een waardevolle vaardigheid, een werkbare idee, of een duidelike stap

dis gewoonlik genoeg om te verander wat onmoontlik voel